Die Rebel Wynboetiek

WELKOM BY DIE REBEL WYNBOETIEK

By Die Rebel Wynboetiek sal jy die kreatiewe milieu kan waardeer met ‘n geskiedkundige kinkel terwyl jy van ons lieflike verskeidenheid geskenke en wyne kan kies en geniet!

Ontmoet Ons 6 Rebelle

EMILY HOBHOUSE

Geb. 09/04/1860 Sterf 08/06/1926

Emily Hobhouse was 'n formidable vrou wat vandag steeds as een van die heel grootste heldinne ter wêreld erken word. Verskeie strate in Suid-Afrika is selfs na haar vernoem. Emily het konsentrasiekampe in Suid-Afrika besoek tydens die tweede Vryheidsoorlog om klere en ander benodighede uit te deel en is die bynaam "Angel of love" deur die dankbare Boerevroue wie haar goedheid ervaar het, gegee. Met haar terugkeer na Engeland het sy haar afkeur teen die konsentrasiekampe uitgespreek.

GENL CR DE WET

Geb. 07/10/1854 Sterf 03/02/1922

"Stil broers daar gaan 'n man verby, hy groet, en dit verlaas. Daar's nog maar één soos hy; bekyk hom goed" - Jan FE Cilliers

Generaal Christiaan de Wet is die mees legendariese van alle Afrikaner militariste. Hy het die kuns van guerillaoorlogvoering, of soos hy dit liewer genoem het, die oorlogvoering van slaan-en-val, soos min mense voor of na hom bemeester. Daarvoor het hy geen militere opleiding gehad nie, maar wel 'n leeftyd waarin hy naby aan die veld geleef het en die landskap besonder goed leer ken het. Sy lewensverhaal is werklik buitengewone leesstof.

JOHANNA BRANDT NÉÉ VAN WARMELO

Geb. 18/11/1876 Sterf 21/01/1964

Johanna Brandt was in die tyd van die Anglo-Boereoorlog 'n jong vrou van tussen 22 en 25 jaar oud. Sy was só lief vir haar land dat sy besluit het om 'n werk te doen wat meeste van die tyd deur mans gedoen is, naamlik spioenasie. Sy was glad nie bang vir hierdie gevaarlike werk nie en ook nie bang dat die Britse soldate haar sou vang nie.

Johanna se dagboek oor die Anglo-Boereoorlog is 'n waardevolle dokument, omdat dit baie mooi vertel wat alles in die oorlog gebeur het. Die dagboek strek vanaf 30 September 1899 totdat sy op 23 Junie die laaste keer daarin geskryf het - die jaar word nie genoem nie, maar dit was waarskynlik 1902.

GENL KOOS DE LA REY

Geb. 22/10/1847 Sterf 15/09/1914

Generaal Koos de la Rey was 'n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en word geag as een van die grootste militere leiers tydens daardie konflik. De la Rey was 'n diep gelowige mens en 'n sakbybel was selde nie in sy hande nie. Hy het 'n formidabele voorkoms gehad - 'n lang, netjies gesnyde bruin baard met 'n hoë voorhoof, gesonke oë wat hom 'n patriagale voorkoms gegee het. Hy word algemeen beskou as die sterkste en mins inskiklike Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leierfigure van Afrikanernasionalisme. As guerilla het hy besonderse sukses met sy taktiek behaal.

NONNIE DE LA REY

Geb. 28/05/1856 Sterf 11/08/1923

Nonnie se verhaal handel oor meer as oor hoe dit was om die vrou van genl. Koos de la Rey (die Leeu van Wes-Transvaal) te wees. Sy was 'n vrou wat uitdagings, ontberings en hartseer geken het, wat nie bang was vir "mannewerk" nie en vreesloos op te staan vir dit waarin sy geglo het.

Nonnie het sterk gestaan teen al die uitdagings van hul lewe in die veld. Sy het ook haar kinders versorg en baie kere wanneer sy kon, ook haar man ondersteun terwyl hy besig was om te veg. Terwyl sy so in die veld rondgeswerf het, het sy en haar man mekaar dikwels gesien.

Sy het soms by die kommando kos gekry en sy het ook soms vir haar man en die ander soldate maaltye gekook. Wanneer die Boere moedeloos geraak het, het sy hulle moed ingepraat.

JOSEF JOHANNES (JOPIE) FOURIE

Geb. 02/07/1878 Sterf 20/12/1914

Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed, hy's nat van Afrikaner-bloed, en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom deur Afrikaner-hart,
Maar met die rou en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!

- Jan F Celliers